WomansConference26Sep2025

Woman’s Conference – Ignis Arai

1. Psalm 23:5

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

  • Ons sit aan tafel saam met God maar dan verskuif ons, ons aandag en verloor ons fokus.
  • Ons laat dan toe dat ons die veihand langs ons sit.
  • Ons entertain al die leuns, hartseer, storms ens ons fokus op God verloor.

Psalm 77:2
My stem is tot God en ek roep, my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

  • Ek moet my stem gebruik en tot God nader.
  • Vra vir n rein hart en fokus net op God.
  • God sal jou genees en jou in Sy arms toe vou.

2. Ignis Agi

DIE VUUR VAN DIE ALTAAR

God gee vir jou n spasie , tyd en seisoen.

Hebr 12:29
Want onse God is n verterende vuur.

*Ons moet al ons bekommernisse, seer , verwerping, vernedering ens op die altaar sit.
God sal al daardie offerings:
( bekommernisse, seer, verwyte, pyn, beskuldigings, verwerping ens) met vuur op die altaar verbrand.
Niks sal oorbly op die gebrande altaar nie

Rigters 13: 20
Toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die Here in die vlam van die altaar opgevaar, en Manòag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.

*Die vuur sal vanaf die altaar op gaan na die hemel.
Jou seisoen gaan verander, maak n keuse en gee dit wat jou in die aarde vashou vir God.
Laat die vuur van God dit verteer wat jou gevangene hou hier op aarde.

Jou swakheid – God se krag
Jou leegheid – God se volheid
Jou seer- God se genade

Johannes 43 en 44
En nadat Hy dit gesê het, het Hy met n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!
44 : En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met n doek. Jesus sê vir hulle : Maak hom los en laat hom gaan.

* êrens is daar nog n grafdoek om jou gedraai.
Maak daardie grafdoek ( seer, pyn, verwerping, depressie, egskeiding, finansies ens) los en gee dit vir God.

Psalm 139: 14
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is, wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed.

* God het jou by jou naam geroep.
Jy is nie n ongeluk of n per toeval nie.
God het jou uniek geskape, eie vinger afdruk, persoonlikheid.
Geskape soos God se beeld.

Wie is jy?

Voorbeelde van 3 vroue

1. Ester
* weeskind, alleen tussen vreemde vroue in koning se harem
* sy word die koningin
* sy moet kies om op te staan vir haar volk en die risiko loop dat syself , haar gesin en volk dood gemaak word omdat sy van Joodse afkoms is.

2. Debóra
* in n gesags/ leiers posissie
* ons vroue word onderdruk, ons stemme word nie gehoor nie
* wat is jou doel ( purpose) in die lewe

3. Vrou by die put
* sy is naam loos
* skaam oor haarself
* gaan haal water laat in die middag om kontak te vermy met ander vrouens.
* Jesus het haar geken en het haar lewe vir haar geopenbaar.

Watter vrou is jy?
Plaas jou gebrokenheid en begasie op die altaar sodat God se vuur dit kan verteer.

Verwys na Spreuke

The 3 principles to live the life of God
* wisdom
* knowledge
* understanding

Die vyhand het te lank ons vroue se stemme stil gemaak.
God het ons as man en vrou geskape, maar die vroue se stemme word nie toegelaat om gehoor te word nie.

Agnis Agai = The Fire of Action

Dis tyd dat ons vroue, ons regmatige plek in neem en ons stemme weer sal laat hoor.

Ons as vroue moet sorg dat die volgende in plek kom:

  • beginsels
  • normes
  • grense
  • waardes

Wat gaan jy agter laat as jou nalatenskap?

Miga 7:19
Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree, ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.

  • vra om vergifnis
  • loop weg van alles wat jou pla en gee dit vir God

Jesaja 52:7
Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep, wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

* jou voete is mooi en uniek
* jou voete wys voorentoe
* jy loop in geregtigheid en saam met die Heilige Gees

Wat los jou voetspore agter ?
* vrede
* liefde
*genade
* niks van slegte verlede , want jy het dit alles op die altaar geoffer.

Kry jou gedagtes, mond en hart in lyn met God.

Laat die vuur in jou brand en die Heilige Gees jou ly.

Laat jou stem weer gehoor word want jy is die :
* vrou
* kerk
* bruid
* liggaam van God

Date
Sep 26 - 28 2025
Expired!
Time
8:00 am - 6:00 pm
Location
White River Worship Centre
24 Ruimsig Road, Kingsview White River, 1240
Organizer
Marelize Janse van Rensburg
Phone 083 432 2442
Email info@worshipcentre.co.za
QR Code